Friday, October 24, 2008

Amper tuis - 17h52

17h50 Ons sit in verkeer by Allandale afrit.

Vrydagmiddag - 16h45

16h40-Hallo almal. As als goedgan is ons tussen 18h00 en 18h30 by die skool.

Vrydagmiddag - 12h58

12h53. Gaan nou stop by Harrismith vir middagete.

Vrydagoggend - 06h59

Goeiemore almal wat bly in die Tuiste van Curriebeker 2009-Opgepak en oppad! Beplande aankomstyd 18h00. Sal per sms laat weet as tyd verander.

Thursday, October 23, 2008

Donderdagaand - 18h29

Hallo almal. Wat 'n heerlike sonskyndag. Geswem, gesnorkel en ons gate uit geniet! Ysterman=Tiaan Kleynhans en Ystervrou=Jeante Strydom, Klap-klapper kampioen=Mandelie vd Walt. Sien uit om huistoe te kom! 

Donderdagoggend - 08h35

08:30, more almal, dit is n lieflike dag vol strandaktiwiteite met ysterman en vrou! Ons eet ook lekker verjaarsdagkoek vandag!! Lekker dag vir almal! 

Wednesday, October 22, 2008

Woensdagaand - 18h55

Tyd 18 42 net klaar lekker vis geèet woon nou lesing by en maak reg vi lantern bekruip almal nog gelukkig hier en daar een wat verlang maar ons deel drukkies uit niks om oor te bekommer ni ook leker koud hier met wind geen reen darem almal is warm aangetrek liefde en drukkies van ons almal vir jul almal. 

Woensdagoggend - 07:45

07h35 Goeie more almal! Al die kinders is nog gelukkig ons is besig met Bybelstudie. Die program verloop goed en almal geniet dit. Program effens aangepas agv ligte stuifreèn.
Liefde groete.
7 Moee onnies en 184 lewenslustige kinders.
Lekker dag

Tuesday, October 21, 2008

Nuus van Mnr Maree - 19h37

Mnr. Maree en Martiniekie is tans in Margate en het besoek by die kinders afgele. Hier is n SMS wat ons sopas van hulle gekry het:

'Ons was by kinders. Hul geniet dit baie. Het n oulike program wat hul volg. Nie tyd om te verlang nie! Ons is nou in Margate. Die Maree's'

Dinsdagaand - 18h39

18:30 Naand almal! Opwindende dag gehad,vol aktiwiteite. Bietjie bewolk en gereen. Nou klaar geeet gaan lantern bekruip. Lekker slaap! 

Dinsdagoggend - 08h05

More more! Gaan goed hier, amper weer ontbyt. Kinders gelukkig, hulle doen verskriklike lekker aktiwiteite. Na ontbyt begin die besige program weer. Die weer is nog goed! Lekker daggie

Monday, October 20, 2008

Maandagaand

17:40, was 'n besige dag vol wind en heerlike strand aktiwiteite! Sommige van ons het 'n lekker warm bad nodig na die lateriabaan. Groetnis

Maandagoggend

7h20 more almal. Ons doen Bybelstudie op die strand en luister na die breek van branders. Almal het heerlik geslaap.

Doel van Webblad

Die SMS-sirkel neem partykeer lank om deur te werk. Ons gaan vir die rede vir julle die SMS'e ook op hierdie webblad plaas. Ek het gevra dat die persoon wat eerste in die SMS-sirkel is, vir my die boodskap ook stuur waarna ek dit dadelik sal publiseer.

Ons verander dus niks aan die werking van die SMS-sirkel reelings nie. Hierdie is net 'n addisionele kommunikasie diens. Hou dus asb die SMS-sirkel aan die gang. Nie almal het Internet-toegang nie.

As jy dus voel jy wag te lank vir 'n boodskap, kom loer dan hier. Dalk is hier 'n verassingkie.